Spruyt Ingelyf het ontstaan aan die einde van 2003. Ons is 'n jong, dinamiese Regsfirma en ons neem ons klïente se sake, belange en probleme ter harte en gaan voort om dit te hanteer asof dit ons eie is. Alle aangeleenthede wat aan ons toevertrou word, word vinnig en effektief hanteer. Ons mikpunt is om die verlangde resultaat in die kortste moontlike tyd te bereik. Ons is bekwame litigasie prokureurs met uitgebreide ondervinding in beide die Hoër en Laerhowe. Ons beskik oor puik ondersteuningsdienste en deskundiges wat insluit Dokters, Spesialiste, Aktuarisse en Rekonstruksie deskundiges. Ons het 'n hoë sukseskoers waarop ons trots is. Indien u, u aangeleentheid aan ons toevertrou kan u dit doen met 'n geruste hart en verseker wees dat ons, ons onverdeelde aandag aan u saak sal gee.


‘n Derde party eis is waar n persoon ernstig is in n motorvoertuig ongeluk, alternatiewelik gedood is deur die nalatigheid van die ander party tydens die betrokke ongeluk

Familiereg is regsreels wat van toepassing is op alle familie / gesinsverhoudings, dit sluit in die reg van toepassing op huwelik, egskeidings, onderhoudsaangeleenthede, beheer en toesig aangeleenthede sowel as gesinsgeweldinterdikte.

‘n Skuldberader help lede van die publiek om hulle finasiële situasie te verlig.

meer >>>meer >>>meer >>>