‘n Skuldberader help lede van die publiek om hulle finasiële posisie te verlig. Dit is van toepassing op verbruikers wat maandeliks nie hulle skuldverpligtinge na kan kom nie.

‘n Skuldberader tree as ‘n kommunikasie middel tussen die skuldenaar en die skuldeiser op. ‘n Skuldberader moet verseker dat die maandelikse inkomste van ‘n person aangewend word ten einde hom in staat te stel om sy basiese noodsaaklikhede aan te koop en die balans gebruik word om sy skuld te vereffen. Met ander woorde ‘n skuldberader onderhandel die maandelikse paaiemente verskuldig aan skuldeisers sodat die verbruiker dit kan bekostig om sy of haar skuld te vereffen en nie verdere skuld aangaan om te oorleef nie.


Skuldberadingproses Stap vir Stap:

Stap 1

Kontak SPRUYT INGELYF Prokureurs op 012 430 7871 en praat met 'n persoon in ons skuldberadings departement. Ons sal die proses en kostes verbonde aan u verduidelik en n konsultasie met u skeduleer. Ons sal u ook in kennis stel watter dokumentasie ons benodig vir STAP 2.

Die Konsultasie sal geskeduleer word vir 'n tyd en plek wat u pas.

Stap 2

Gedurende die konsultansie sal u 'n aansoekvorm voltooi, die aansoekvorm staan bekend as n Vorm 16. Ons sal u finansïele situasie asseseer om te bevestig of u kwalifiseer vir skuldberading. Indien u wel kwalifiseer sal ons voortgaan met STAP 3.

IN VOORBEELD VAN DIE ASSESSEERING IS AS VOLG:

U SKULD MAANDELIKS DIE VOLGENDE PAAIEMENTE AAN VERSKEIE SKULDEISERS:

 

ABSA R 1000-00
FNB R 1000-00
STANDARD BANK R 1000-00
NEDBANK R 1000-00
  Totale Skuldverlopinge R 4000-00

 

MAAR U HET SLEGS R2000-00 BESKIKBAAR OM U MAANDELIKSE SKULD TE VEREFFEN DUS KWALIFISSER U VIR SKULDBERADING.

Indien u nie kwalifiseer vir skuldberading nie sal ons u adviseer oor u opsies


Stap 3

Ons sal u skuldeisers, die NCR en die Krediet Buro verwittig van u skuldberadingaansoek. ‘n Vorm 17.1 Kennisgewing word aan elk van die voormelde partye gestuur, elke skuldeiser sal op hulle sisteem aanteken dat u onder skuldberading geplaas is.

Stap 4

Ons sal vir u ‘n begroting opstel in terme van die asseseering wat ons gedurende die eerste konsultasie gedoen het.

Die begroting word as volg bereken:

Salaris: -Minus Aftrekking (dit sluit Belasting, PAYE, besoldigingsbeslagleggingsbevele in) = Bedrag beskikbaar vir skuldberading?
  -Minus noodsaaklikhede (dit sluit in huur, water en ligte, kar en huisversekering, selfoonkontrakfooie, skoolfooie, kos, mediese uitgawes, vervoerkostes en enige item benodig om te oorleef)
Jy keer jou begroting goed !

Stap 5

Die skuldeisers word verplig om die uitstaande balanse, rentekoerse en maandelikse paaiemente van elke rekening aan ons te verskaf. Wanneer ons oor bogenoemde informasie beskik en u begroting goed gekeur het stuur ons ‘n voorstel aan elk van u krediteure.

Stap 6

Na 60 Besigheidsdae betaal u die bedrag soos ooreengekom aan ‘n "Payment Distribution Agency" (PDA) tot en met die skulberadingaansoek voltooi word. Jou begroting kan gewysig word indien u finansïele posisie verander.

Stap 7

Indien u skuldeisers die voorstel aanvaar word die voorstel ‘n hofbevel gemaak en die bevel word aan al u krediteure verskaf. Indien een of meer van u skuldeiesers nie voorstel aanvaar nie word ‘n Kennisgewing van Mosie uitgereik en die aangeleentheid word geplaas in die Landdroshof waar u woonagtig is. Die hof maak dan ‘n finale beslissing.

Stap 8

Wanneer al u skuld ten volle vereffen is verskaf ons aan u ‘n “clearance certificate” wat aandui u het al u skuld afgelos en alle krediteure, krediet buro en die NCR word daarvan in kennis gestel.

   

WAT IS DIE KOSTES VERBONDE AAN SKULDBERADING:

DIT IS BELANGRIK OM TE ONTHOU DAT VANAF DIE DATUM WAT JY AANSOEK DOEN VIR SKULDBERADDING VIR ‘N TYDPERK VAN 60 BESIGHEIDSDAE GEEN VAN JOU SKULDEISERS HOEF TE BETAAL NIE.

Dit is nie ‘n onreelmatige stap nie en bogenoemde kan bevestig word met die NCR.
Die rede vir bogenoemde is om jou instaat te stel of hulp te kan bekostig!

Die kostes verbonde is soos volg:

Eerste konsulatsie R 60-00
Skuldberadingsfooi

Is die bedrag wat jy beskikbaar het om jou skuldeisers maandeliks te betaal (byvoorbeeld as jy ‘n bedrag van R 2000-00 beskikbaar het maandeliks om jou skuld te vereffen sal die skuldberader ‘n bedrag van R 2000-00 ontvang vir  die dienste gelewer. Die bedrag word ontvang binne die eerste 30 besigheids dae)

Let wel dat die bedrag nooit die voorgeskrewe bedrag van die NCR mag oorskry nie.

Attorneys Fees: 'n Al Insluitende bedrag van R 3500-00, die bedrag sal nooit vermeerder nie (Let wel dat indien jy nie die bedrag kan bekostig nie sal daar met u reëlings getref word) Die bedrag word ook betaal binne die 60 dae periode.

Doen u aansoek nou:

kliek hier
Informasie Blad >>>