Familiereg is regsreels wat van toepassing is op alle familie / gesinsverhoudings, dit sluit in die reg van toepassing op huwelik, egskeidings, onderhoudsaangeleenthede, beheer en toesig aangeleenthede sowel as gesinsgeweldinterdikte.
1. Egskeidings
Daar is hoofsaaklik twee tipes egskeidings:
1.1 Onbestrede Egskeidings:
- In hierdie geval onderhandel die partye vooraf met of sonder die hulp van ‘n prokureur.
- ‘n Skikking met betrekking tot die belangrikste aspekte onder andere onderhoud betaalbaar deur die partye aan die partye asook onderhoud betaalbaar aan minderjarige kinders, beheer en toesig oor die kinders asook die verdeling van bates word bereik en op skrif gestel.
- Hierdie skikking word dan aangeheg by die dagvaarding soos uitgereik deur die Eiser.
- Die dagvaarding en skikking word dan op die Verweerder beteken waarna die egskeiding en skikking n bevel van die hof gemaak word.
- Hierdie tipe egskeiding is aansienlik goedkoper en vinniger as die volgende tipe onder 1.2.
1.2 Bestrede Egskeidings
- Hierdie tipe egskeidings is die geval waar die partye nie kan of wil skik nie as gevolg van konflik ten opsigte van die terme wat in die skikking vervat moet word.
- In so geval word die dagvaarding wat deur die een party beteking is deur die ander party verdedig waarna die normale hofreëls en hofprosedures gevolg word.
- Daar sal deurentyd gepoog word om ‘n skikking met die teenkant te bereik ten einde die proses te bespoedig en koste te bespaar.
- Ons verseker verder ons bystand ten opsigte van ondersoeke wat deur gesinsadvokate gedoen moet word.
2. Onderhouds aangelenthede
Daar is drie tipes onderhouds aangeleenthede naamlik agterstallige onderhoudsaangeleenthede, vermeerdering van onderhoud en vermindering van onderhoud. Ons verseker ons bystand in die onderhoudshof met al drie bogenoemde aangeleenthede (om dit te bring of te verdedig).
2.1 Agterstallige onderhoud:
2.2.1
Lasbrief word uitgereik teen die party wat geen of onvoldoende onderhoud betaal. Beslag word gele op sy bates welke bates te gelde gemaak word en dan vir onderhoud (garnishee order).
2.1.2
In die alternatief word ‘n besoldigings beslag bevel verky teen die persoon wat agterstallig is met die betaling van die onderhoud. In so geval word ‘n maandlikse bedrag van sy salaris afgetrek vir die aanwending van onderhoud aangewend word.
2.2 Vermeerdering van onderhoud
Die party wat ‘n behoefte het dat meer onderhoud deur die ander party betaal word, bewerkstellig dit deur ‘n aansoek te bring by die Onderhoudshof. Die nuwe bedrag word dan deur die hof vasgestel na die aanhoor van mondelinge getuienis
2.3 Vermindering van onderhoud
Die party wat nie die bedrag onderhoud soos deur die hof vasgestel by die egskeidingaangeleentheid kan bekostig nie of van mening is dat die onderhoudsbedrag te hoog is, bring ‘n aansoek by die Onderhoudshof waarin versoek word dat die onderhoudsbedrag verlaag word of selfs dat geen onderhoud meer betaal word nie. Die nuwe bedrag word dan deur die hof vasgestel na die aanhoor van mondelinge getuienis.
3. Beheer en toesig aangeleenthede
Dit is waar daar aan een van die paryte beheer en toesig oor die minderjarige kinders verleen is, of deur ‘n skikking of deur ‘n hofbevel tydens egskeidingsverrigtinge.
Daar ontsaan egter nou ‘n behoefte by die ander party om beheer en toesig oor die kinders te verkry as gevolg van byvoorbeeld onbevoegdheid, verwaarlosing, geweldadigheid, dwelm- of alkoholmisbruik aan die kant van die party aan wie die beheer en toesig oorpsronklik toegestaan is.
In so geval word daar aansoek gebring na die Onderhoudshof of na die Hooggeregshof ten einde ‘n bevel te bekom wat ander party as die oorspronklike, aan te wys as die party met beheer en toesig oor die kinders.
Ons verseker ons bystand in so aansoek by die betrokke hof in die geval waar u so aansoek wil bring asook in die geval waar dit teen u gebring word.
4. Gesinsgeweld Interdikte
Dit is dikwels tydens egskeidingsverrigtinge, maar nie noodwendig nie, so dat een van die partye, die ander party of hul kinders fisies of emosioneel aftakel deur dreigemente en dade. In so geval word ‘n gesinsgeweld interdik teen die geweldadige party verky.
So interdik is tweeledig:
- Eerstens word ‘n tussentydse gesinsgeweld interdik bekom. Hierdie interdik het 'n keerdatum van een jaar
- As die interdik na daardie jaar finaal gemaak wil word sal dit in die Landdroshof deur ‘n Landdros aangehoor word. Hy sal ‘n beslissing daaroor maak van mondelinge getuienis en die lees van verklarings.
- Dit staan egter die ander party vry om ‘n aansoek om tersydestelling van ‘n gesinsgeweld interdik teen hom/haar toegestaan te bring.
Ons bring bogenoemde aansoeke en staan dit ook teen
FOOIE
- Die eerste konsultasie van 30 min is gratis.
- Daarna verlang ons ‘n deposito van minstens R5000-00.
- Hierdie gelde sal aangewend word vir dienste deur ons verrig en wanneer die uitgeput is sal ons ‘n verdere deposito vanaf u versoek.
- Indien ons meer uitgawes voorsien as gevolg van balju en advokaat onkostes sal ons ‘n groter deposito aanvra.
- Indien daar geen geld van u in ons trustrekening is nie sal geen dienste verrig word nie.





